Ons #liefdewen Running “Klub-lete” het Saterdag 10 Februarie aan hulle eerste kompetisie deelgeneem in Klerksdorp.

Ons 5 atlete het almal aan die Klerksdorp Marathon deelgeneem. Van ons lede het die brawe 21 km aangedurf, ander het die 10km gehardloop en selfs een van ons swanger lede het die 5km gestap.

Die #liefdewen Running Klub is werklik oop vir almal. Jonk, oud, middel jarig of swanger.

Ons beoog om een keer ‘n maand deel te neem aan so kompetisie wat sal help met die seeding tye (vir die wat nie weet nie, dit is die tyd wat bepaal hoe vroeg of laat jy weg spring in ‘n groot resies) van die comrades en die Two Oceans (ons is nie bang nie).

Ons volgende kompetisie sal aangekondig word op al die platforms waarmee ons met ons “klublete” kommunikeer. So maak seker jy join ons #liefdewen Running Klub om nie uit te mis op hope pret nie.

Daar is spesiale pryse vir jonger kinders sowel as skoliere.

Werklik, ‘n klub vir almal.

Kom en word deel van iets groter. Volg die link na ons inskrywingsvorm.



About the author

Ansu Visser is aktrise, presenter, blogger (van Cut The Mustard en nou van LiefdeWen- obviously)... ... en 'n High-5 lover! Sy woon tans in Johannesburg, Suid-Afrika en glo vas dat Liefde Wen!


Latest Posts


1 Comment

  • Reply Liza-Mari
    Mar 8, 2018 on 11:17

    Goeie More.

    Ek wil graag uitvind of ek moontlik `n liefdewen running vest kan koop sonder om by die runningklub aan te sluit? Ek woon tans in Gauteng, maar stel baie belang om so `n help te koop.


Leave a Comment