Die naweek is verby en ‘n nuwe week lê voor.

Ons weet nie hoe jou week lyk nie- miskien is dit easy breezy, of miskien is dit een van daai weke waar jy al klaar begin uitsien na die naweek, want as die naweek hier aankom dan weet jy, jy het die week oorleef.

Hoe jou week okal lyk ons het vir jou ‘n bietjie inspirasie gaan vind om dit makliker te maak, of net ten minste jou so te motiveer dat dit week begin doenbaar voel.

Die drie opsies maak die ware keuse eintlik soveel meer eenvoudiger. Die opsie wat altyd die moeilikste lyk is die enigste een wat mens wil doen.

Jy wil dit jou alles gee sodat jy enige berou kan vermy. Jy wil dit jou alles gee sodat wanneer iets miskien flop jy rustig kan slaap met die wete dat jy alles gedoen het wat jy moontlik kon.

Die mooi ding van hierdie #mottomonday is die feit dat daar drie OPSIES is. JY kan kies wat jy gaan doen, JY het die krag, maar dit bly jou keuse.

So kies die derde opsie om berou te vermy, om trots te kan wees op jouself en sodat jy kan lekker slaap.



About the author

Ansu Visser is aktrise, presenter, blogger (van Cut The Mustard en nou van LiefdeWen- obviously)... ... en 'n High-5 lover! Sy woon tans in Johannesburg, Suid-Afrika en glo vas dat Liefde Wen!


Latest Posts


Leave a Comment