Dié qoute is tien teen een al deur elke persoon raakgelees, maar tog is dit dié een wat jy móét screenshot en jou wallpaper maak; print, teen jou muur plak of op ‘n sticky note skryf en op jou stuurwiel plak.

Dis een van daai wat gelees moet word, besef, geglo word en dan in aksie oorgesit word.

Dis ‘n qoute wat klein en kort is, maar een wat ons meer moet DOEN eerder as om net te like en aan te beweeg.

Ons besef nie altyd hoe groot verantwoordelikheid ons het teenoor onsself en die wereld waarin ons leef nie. Ons besef nie hoe baie mag ons het om ons omstandighede te verander nie. Of ons besef wel maar ons word mismoedig deur om te dink ons kan slegs omstandighede verander deur GROOT goed: meer geld, meer followers, ‘n ander huishouding of ‘n ander skool.

Maar die grooste veranderings kom uit die kleinste veranderings.

Daarom is hierdie qoute so powerful, als wat jy nodig het om jou lewe te verander is in jouself. Dit klink maklik, maar dit verg moeite en konstante moeite.

Dit verg om negatiewe gedagtes te identifiseer en te verwyder met positiwiteit. Dit verg om op te staan en dankbaar te wees vir 10 dinge in jou lewe. Dit verg om wanneer jy gejaagd is, geduld te hê vir die om jou (of jy hulle ken of nie). Dit verg om ander te hanteer soos wat jy hanteer wil word wanneer jy die slegste dag moontlik het.

So wil jy die wereld verander? Verander jouself, jou uitkyk, perspektief en attitude daarteen.

Go get’em!



About the author

Ansu Visser is aktrise, presenter, blogger (van Cut The Mustard en nou van LiefdeWen- obviously)... ... en 'n High-5 lover! Sy woon tans in Johannesburg, Suid-Afrika en glo vas dat Liefde Wen!


Latest Posts


Leave a Comment