Ek weet nie van jou nie, maar hier teen die einde van die jaar voel ek dat al wat ek doen is toutjies najaag van die verskillende ballonne wat mens so oor die jare opblaas, vasmaak en saamdra. 

So deur die motto van “vat dit dag vir dag”, voel dit asof mens in sirkels jaag. Want net soos wat jy deur vandag se takies en ballonne gestoei en vasgehou het, wil jy net-net begin rustig celebrate dat al jou ballonne nog met jou is. Haal die realiteit jou in dat jy môre presies dieselfde weér moet doen. Dié keer net met verskillende ballonne. 

Dit raak uitputtend en so vergeet mens ook baie vinnig waaroor die lewe eintlik gaan. 

Daarom, is ek self, baie dankbaar vir hierdie vinnige #mottomonday qoute. 

Dis vinnig, kort, eenvoudig maar tóg so powerful. 

As jy al jou daaglikse ballonne kan aanskou deur hierdie qoute, en werklik kyk na die waarde van elke balon en of dit dié doel bystaan, dan kan mens meer krag kry met die wete van die rede oor hoekom jy so jaag en dat hierdie ballonne belangrik is. Maar terselfdertyd kan jy ook dalk sien dat daar ’n paar ballonne is wat jy aan vasklou, en eintlik dié ballonne is wat steel van die’s wat werklik waarde dra, en van daai ballonne kan jy maar laatgaan. 

Dis belangrik om altyd jou fokus te hou op een ding, solank dit die belangrikste “een ding” is, want deur dit bring dit soveel helderheid. 

Hierdie qoute is ’n goeie “een ding”. 



About the author

Ansu Visser is aktrise, presenter, blogger (van Cut The Mustard en nou van LiefdeWen- obviously)... ... en 'n High-5 lover! Sy woon tans in Johannesburg, Suid-Afrika en glo vas dat Liefde Wen!


Latest Posts


Leave a Comment