As jy nog nie deel is van ons Running Klub nie beter jy hardloop (sien jy wat ek gedoen het: hardloop=running klub).

Ons het alklaar deelgeneem aan ons eerste kompetisie in Klerksdorp aan die begin van Februarie en is besig om te oefen vir die volgende een!

Nie net hardloop ons saam nie maar ons oefen saam en is ook hier om jou gereeld aan te por om jou middag draf sessie te verander in ‘n ware lewenstyl.

Ons almal weet aanhouer wen maar om te wen moet mens eers begin en dit is waar meeste mense vashaak. “Ek wil nie myself weer teleurstel deur om nie my doelwitte te bereik nie? Waar gaan ek die tyd kry? Ek gaan nooit gewig verloor nie?” is meestal gedagtes wat ons keer om ooit te begin oefen.

As ons gelukkig is en dié gedagtes oorkom; die tyd vind om te hardloop en daai ekstra Kersfees gewiggies af te skud kom die volgende struikel blok: om aan te hou ná ons ons doelwitte bereik het.

Gelukkig is jy nie alleen nie. Nie net het jy #liefdewen wat jou “cheerleader” word nie, maar daar is ook ‘n hele gemeenskap wat jou wil ondersteun soos Runner’s World. Hulle gee vir jou 12 gewoontes wat jy moet handhaaf om gemotiveerd te bly.

Een van hulle wenke is:

“When it comes to making resolutions, consider goals based on process instead of outcome”.

Dit klink soos advies van mense wat weet waarvan hulle praat.

Gaan lees gerus die artikel vir ‘n bietjie inspirasie en om ‘n huppel in jou draffie te sit.

Wil jy nog ons #liefdewen Running Klub join?

Besoek ons website, vul die vorm in, betaal en siedaar, jy is deel van die #liefdewen Running Klub.



About the author

Ansu Visser is aktrise, presenter, blogger (van Cut The Mustard en nou van LiefdeWen- obviously)... ... en 'n High-5 lover! Sy woon tans in Johannesburg, Suid-Afrika en glo vas dat Liefde Wen!


Latest Posts


Leave a Comment