Vandag is meeste van ons net té dankbaar dat dié Woensdag ‘n werklike klein Saterdag is.

‘n Vakansie dag in die middel van die week klink soos ‘n antwoord op gebed en die bewys dat wense waar kan word.

Vandag kan jy laat slaap, een minder dag werk en ekstra tyd saam jou familie en vreinde deurbring omdat ons vandag Menseregtedag vier!

In 2017 het IOL News ‘n Twitter poll begin om te kyk hoeveel mense werklik weet hoekom ons dit vier. Gelukkig het meerderheid van die mense, 63% van die mense om presies tewees, geweet waarom ons dit vier. Die ander 37% was opgedeel tussen die “ek weet nie’s”, “ek gee nie om nie” (shame on you!) en die eenvoudige antwoord “dis ‘n publieke vakansiedag”.

As jy miskien skaamtelik in die 37% van mense val, wil ons jou graag help.

Ek weet nie of jy al gehoor het van die Sharpeville Massacre nie? Op die 21ste Maart 1960 het die gemeenskap van Sharpeville en Langa townships gemarsjeer het teen die pas wet, tydens die Apartheidsjare.

In baie kort is die pas wet, die wet dat alle nie blankes oor die ouderdom van 16 ‘n pas boekie (soos ‘n paspoort) by hulle moes gedra het wat gesien kan word as hul toestemming vorm om buite hulle goedgekeurde areas te wees. As hulle nie hul pas boekies by hul gehad het nie, was hulle gearesteer.

De Apartheidspolisie het vuur oopgemaak op die protesteerders en 69 mense is dood daardie dag en meer as 200 was beseer.

Menseregtedag is die publieke vakansie dag waaroor mense moet omgee en weet waarom ons dit vier. Dit is ‘n dag wat werklik herdenk moet word, en wat gesien moet word vir hoe vêr ons al gekom het asook hoe vêr ons nog het om te gaan.

Daar is ‘n ander aanhaling van menseregtedag wat sê dat Menseregtedag eintlik elke dag moet wees, wat verduidelik kan word deur na woorde van Nelson Mandela te kyk:

“To deny people their human rights is to challenge their very humanity”.

En ons gee ons #liefdewen stamp of approval.

Mag ons saam werk aan ‘n vrye land, waar ons mekaar ondersteun en vier in ons verskille.

Gelukkige Menseregtedag!

Aangesien dit vandag vakansie dag is is ons Potch winkel gesluit. Ons Pretoria winkel is oop van 10:00-14:00 en ons online winkel is heeltyd oop!

Ongelukkig is ons George winkel heeltemal gesluit. 



About the author

Ansu Visser is aktrise, presenter, blogger (van Cut The Mustard en nou van LiefdeWen- obviously)... ... en 'n High-5 lover! Sy woon tans in Johannesburg, Suid-Afrika en glo vas dat Liefde Wen!


Latest Posts


Leave a Comment