So rukkie terug was die brande in Knysna op elke newsfeed en meeste mense se gebedslysies. AmiiciCare was van die begin af betrokke om hulp te verleen aan dié wat dit nodig gehad het, asook om nog meer organisasies betrokke terky om tehelp waar hul kan. Dit is toe dat ons hande gevat saam met AmiiciCare, en ons trusted delivery guys, Aramex, wat toe nou ook trusted-friends-in-need word, om tehelp.

AmiiciCare was nog besig met registrasie, verskillende dokumentasie, bank rekeninge ens, toe die Knysna brande uitgebreek het.  Die onvolledige dokumentasie het hulle glad nie gekeer om dadelik te begin help en tewys dat hul vision en mission (Disaster Relief Aid) nie net mooi woorde is nie.

Die Knysna Brande was die ergste ramp wat al ooit in Suid-Afrika gedokumenteer was, asook die eerste ramp in ons land se geskiedenis wat as ‘n Tipe 1 ramp, geidentifiseer was. Op 8 Junie 2017, het 28 vure gebrand. Die onvoorspelbaarheid van die weer, met winde van 90 km/h, het veroorsaak dat ‘n vuur versprei oor ‘n km, elke 10 minute. In ander woorde, die brande het gestrek oor 300 km! Daar was ‘n totaal van 1500 strukture (huise, geboue, brue, ens) wat verwoes was tydens die ramp.

AmiiciCare het die need gesien, veral in rural areas, en het ‘n netwerk saamgesit van mense wat water, kos, klere en komberse vervoer het na die rural areas, om daar ook verligting te bring vir ‘n mens se most basic need. Met die amazing werk wat AmiiciCare reeds meer besig was, het Aramex ook saamgewerk om meeste van hierdie supplies aftelewer.

Siende, dat die brande begin het terwyl AmiiciCare nog besig was om al hul dokumentasie en bank rekeninge te finaliseer, het LiefdeWen betrokke geraak deur om ons beursie aan hulle ooptemaak (letterlik) en aan hulle teleen. Die LiefdeWen bankrekening het toe begin werk as AmiiciCare se bankrekening vir mense wat graag wou help, maar tevêr gewoon het om enige iets te sponsor.

Die Rescue trokke wat die basic needs afgelewer het- selfs die pakkies wat afgelewer was- het LiefdeWen stickers opgehad om mense te herinner in dié aaklige tyd waaroor dit als eintlik gaan en dat Liefde enige iets kan conquer.

Every vehicle with a Yellow Cross and LiefdeWen sticker embodied the message of hope and help. We heard testimonies from people affected by the fires saying that when they saw that Yellow Cross/ LiefdeWen vehicle, they knew help had arrived and all was going to be ok.

Alhoewel die Knysna brande geblus was, ons newsfeeds nou opblaas oor ander rampe en ons gebedslysie nou vol is vir reën, is AmiiciCare nogsteeds besig om hulp te verleen aan die wat erg geraak was deur die brande. Die statistiek lees dat meer as ‘n 1000 huise verwoes was, minder as 400 skade aangedoen het en dat 10 000 families hulle lewe moet begin herbou.

Items wat jy nogsteeds kan stuur: Nie-bederfbare kos, baba items (nappies, formula, toiletries, ens); Toiletries; Skoonmaakmiddels; Huisware (ketels, toasters, potte, panne); Water; Klere vir mans, vrouens, tieners, babas, kinders; Meubels en Bou Materiale.

AmiiciCare, baie dankie vir al julle moeite, hulp, bereidwilligheid en hart agter die.

Nie net het hulle amazing werk gedoen vir die Knysna ramp nie, maar besoek hulle website om tesien watse ander projekte hullle ondersteun, wat hulle nodig het en hoe julle hulle kan help.



About the author

Ansu Visser is aktrise, presenter, blogger (van Cut The Mustard en nou van LiefdeWen- obviously)... ... en 'n High-5 lover! Sy woon tans in Johannesburg, Suid-Afrika en glo vas dat Liefde Wen!


Latest Posts


Leave a Comment