FAQ’s

Aflewering

Hoe kom my pakkie tot by my?

Ons amazing vriende en vennote, Aramex, bring jou aflewering tot BY jou huis, koshuis, werk, restaurant, strand…of enige ander plek waar jy dit wil hê.

…behalwe posbusse

Moet asb nie posbus adresse daar insit nie, Aramex wil jou pakkie NA jou toe bring!

 

Hoe lank wag ek?

Ons mik altyd daarna om jou bestelling binne (nie later as) 7 werksdae by jou te hê.

Daar is natuurlik dinge wat gebeur, soos dat jy oor ‘n naweek bestel of dat ons ekstra liefde in jou pakkie verpak…

…maar Aramex kry hom sommer vinnig, vinnig by jou.

Hoeveel kos koerier?

Dit kos ‘n skamele R99

MAAR

Indien jy R225 se items koop, dan is die aflewering gratis en Aramex bring dit vir jou teen geen koste nie.

Dankie Aramex 🙂

Bestellings & Betalings

Is dit veilig om aanlyn te bestel?

Absoluut!

Ons gebruik ‘n paar opsies vir betaling, en almal van hulle (insluitend ons webwerf) voldoen aan van die strengste riglyne vir aanlyn verkoop.

Alternatiewelik het ons ook ‘n EFT opsie, maar hierdie proses vat bietjie langer om jou bestelling by jou te kry, aangesien die gelde eers in ons rekening moet wys voor ons jou bestelling stuur.

Is dit veilig om aanlyn te bestel?

Kies ‘n kleur – Kliek op die kleur al is daar net EEN kleur.

Kies ‘n grootte – Jy sal dan sommer ook kan sien of daar nog genoeg in voorraad is.

Kliek op Add To Cart 

…en siedaar!

NB! Moet asb nie ‘n Posbus adres as ‘n adres gebruik nie!

Omruilings

Ons doen ons beste om te versker ALLE mates is 100% reg op die web en op elke produk.

Een van die klein risikos van aanlyn bestel is wel dat mens nie altyd 100% seker is van jou eie mates nie…maar ruk gerus daai maatband uit.

Indien jy jou bestelling ontvang en iets pas nie lekker nie, vra ons net ‘n R50 fooi vir die omruiling.

E-Pos ons gerus indien jy enige probleme ervaar en ons sal vir jou al die besonderhede stuur!

Groottes

Elke item se grootte word aangedui onder die produk self, maar indien jy twyfel, loer sommer hier ook!